03 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-12-2025 só ingevul:
Die president van die ........ Cosatu het 'n oproep herhaal dat die ANC sy verdeeldheid en faksies moet laat vaar.
vakbond-federase vak bond vederasie vakbondfederasie vakbond federasie
ʼn Samestelling (“vakbondfederasie”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
'n Gereelde luisteraar van Carletonville, mnr. Frikkie Meyer van Gousblomstraat 10 ........ skryf hy is veral lief vir die bonsai-kuns en het sy eie styl ontwikkel.
geen leesteken , . :
'n Komma word gebruik by 'n bysin of toevoeging wat uitbrei op dit wat reeds genoem is.
Sien ook die bladsy Komma.
Die uitbreiding van die maatskappy gaan van ........ .
sterkte tot sterkte mag tot mag krag tot krag gesag tot gesag
Die uitdrukking "van krag tot krag gaan" beteken om 'steeds sterker te word'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die enigste planeet in ons sonnestelsel wat nie 'n Griekse of Romeinse naam het nie, is ........ .
slegs aarde slegs Aarde aarde of Aarde
Son, Maan en Aarde word met hoofletters geskryf wanneer hulle na spesifieke hemelliggame verwys. Wanneer die lidwoord "die" voor "aarde" geskryf word, skryf ons altyd "aarde". (Bron: HAT Taal- en Feitegids)
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)