Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 28-11-2025 (vlak 2)



vorige toets 28 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-11-2025 só ingevul:



Die bakleiery tussen die broers was regtig ʼn ........ .

naregheid
naaregheid
85 % (afgerond)narigheid 
14 % (afgerond)naarigheid

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Wanneer die koeie van hul kalwers geskei word, hoor jy omtrent 'n ........ .
53 % (afgerond)geloei 
1 % (afgerond)gegrom
45 % (afgerond)gebalk
1 % (afgerond)gehuil

Koeie loei of bulk, donkies balk, jakkalse en wolwe huil.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



My broer het dae aaneen gekla oor die klein ........ waarin hy getrap het.
15 % (afgerond)doringtjie
68 % (afgerond)dorinkie 
1 % (afgerond)doringetjie
16 % (afgerond)doringkie

Meerlettergrepige woorde wat op "-ng" eindig, word verklein deur die "g" weg te laat en "-kie" by te voeg. Ander voorbeelde sluit in: "sening" > "seninkie", en "koning" > "koninkie".
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Ons gaan vanaand ........ bestel.
pieza
piezza
99 % (afgerond)pizza 
1 % (afgerond)pietsa

Vreemde woorde ("pizza") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties