26 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-11-2025 só ingevul:
Edwin Cameron is 'n bekende kampvegter vir menseregte en was 'n ........ .
Konstitusionele Hofregter Konstitusionele-Hof-Regter Konstitusionele-Hofregter Konstitusionele Hof Regter
In samestellings met multiwoordeiename word die skryfwyse van die oorspronklike eienaam ("Konstitusionele Hof") behou, terwyl die deel waarmee dit verbind ("regter") vas of met 'n koppelteken vas daaraan geskryf word. Naas "Konstitusionele Hofregter" is "Konstitusionele Hof-regter" dus ook korrek.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
Danksy die ........ van die aarde is daar 24 uur in 'n dag.
draaiïng draaing draiing draaiing
Wanneer twee "i's" langs mekaar in 'n woord voorkom wat afsonderlik uitgespreek word, kry die tweede "i" nie 'n deelteken nie, byvoorbeeld "draaiing", "antiinflammatories", "besproeiing".
Sien ook die bladsy Deelteken.
Idioom: Hy het met sy uitspraak 'n ........ in die hoenderhok gegooi.
gefladder knuppel hond kat
Die idioom "'n knuppel in die hoenderhok gooi" beteken ''n opskudding veroorsaak'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die jaarlikse KKNK vind op ........ plaas.
Oudshoorn outshoorn Oudtshoorn oudtshoorn
Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)