Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 25-11-2025 (vlak 1)



vorige toets 25 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-11-2025 só ingevul:



Die soldate word gedril totdat hulle soos een man beweeg.
Wat is die woordsoort van "gedril" in bostaande sin?

94 % (afgerond)werkwoord 
voornaamwoord
3 % (afgerond)selfstandige naamwoord
3 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Jy moet ........ dat jy nie jou hand teen die stoof verbrand nie.
op-pas
1 % (afgerond)opas
4 % (afgerond)op pas
94 % (afgerond)oppas 

Die woord "oppas" is 'n skeibare werkwoord, saamgestel uit die woorddele "op-" en "-pas" en word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Jou kunswerk is pragtig, ........ Venter.
95 % (afgerond)Vaatjie 
5 % (afgerond)vaatjie

'n Bynaam begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Idioom: Die ........ hoor lui, maar weet nie waar die bel/klepel hang nie.
1 % (afgerond)alarm
97 % (afgerond)klok 
1 % (afgerond)foon
wekker

Die idioom "om die klok te hoor lui, maar weet nie waar die bel/klepel hang nie" beteken 'om iets te gehoor het, maar nie die besonderhede te ken nie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties