'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: karkas - die karkas - karkasse.
Dit was ’n ........ dag vir ons uitstappie na die botaniese tuin.
perfek perfekke perfekt perfekte
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("perfek"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan. Die "t" is deel van die oorspronklike stam.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
........ weet nie of ek jou kan vertrou nie.
ek Ek Ek of ek
Die eerste woord van 'n sin begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Die woord "kap" in die volgende twee sinne is ’n voorbeeld van ’n ........ . Die seuns moet hul hare laat kap voor die skool begin. As deel van die opknapping, kap hulle vandag die mure uit.
homoniem antoniem homofoon sinoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "kap" (‘hare sny’) en "kap" (‘met ’n hamer slaan’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)