Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 21-11-2025 (vlak 3)



vorige toets 21 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-11-2025 só ingevul:



Die presidentskandidaat het die beoogde ........ die kern van sy veldtog gemaak.
18 % (afgerond)12-nasie-transpasifiese vennootskap
6 % (afgerond)12 nasie transpasifiese vennootskap
46 % (afgerond)12-nasie- transpasifiese vennootskap 
30 % (afgerond)12-nasie-transpasifiese-vennootskap

Afstandsamestellings moet volgens die jongste AWS met ʼn koppelteken geskryf word. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“transpasifiese”) sou dit vas geskryf word as “12-nasievennootskap” (AWS 12.25).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ek vrees vir daardie kwajongens met hulle ........ houdings teenoor gesag.
1 % (afgerond)brutaal
93 % (afgerond)brutale 
6 % (afgerond)brute
brutal

Die woord "brutaal" beteken 'onbeskof' of 'parmantig'. Die betekenis 'barbaars' is na die Engels en dus 'n anglisisme. (Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z)
Sien ook die bladsy Anglisismes.



Niemand hou van my broer nie, want hy is so lui soos 'n ........ .
39 % (afgerond)donkie
5 % (afgerond)aasvoël
8 % (afgerond)hond
48 % (afgerond)donkie of aasvoël 

Beide "donkie" en "aasvoël" word in hierdie vergelyking gebruik.
Sien ook die bladsy Vergelykings.



Watter belangrike wêreldgebeurtenis het in 1914 uitgebreek?
10 % (afgerond)Eerstewêreldoorlog
87 % (afgerond)Eerste Wêreldoorlog 
1 % (afgerond)eerste wêreldoorlog
2 % (afgerond)Groot Pes

Die name van oorloë en veldslae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties