21 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-11-2025 só ingevul:
Ons ........ daaraan om te emigreer.
dank dink denk dunk
Die woorde "dank", "denk", "dink" en "dunk" is almal verwant maar het verskillende betekenisse. Die woord "dank" beteken 'waardering' of as werkwoord 'om dank te betuig'. Die woord "denk" word nie meer in moderne Afrikaans gebruik nie behalwe in afleidings soos "denker" - 'iemand wat dink'. Die woord "dink" is die werkwoord wat min of meer 'besluit' beteken. Die woord "dunk" is 'n sinoniem vir 'mening'. Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Dankie vir jou verskoning, ek ........ jou.
vergegewe gevergewe fergewe vergewe
Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-" en "ver-" begin ("vergewe"), kry nie ʼn "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Meteens begin die wind ........ waai.
storem sterk storemsterk stormsterk storm sterk
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde en word vas geskryf, behalwe "wawyd oop". Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Die mynwerkers moet elke dag in die mynskag afgaan. Die woordsoort van "afgaan" in bostaande sin is 'n ........
telwoord bywoord naamwoord werkwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Skeibare werkwoorde kry "-ge-" in die verlede tyd, byvoorbeeld "afgaan - afgegaan".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)