20 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-11-2025 só ingevul:
Die regter gaan eers die verslag ........ voordat hy 'n uitspraak lewer.
bestudeer besigtig
Die woord "bestudeer" beteken 'versigtig deurlees' en verwys gewoonlik na geskrifte. Die woord "besigtig" slaan op besienswaardighede soos beelde, die natuur, museums, kunswerke, ens. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Ek het gister 'n kort ........ van die baas gekry.
e-postjie epossie epostjie e-possie
Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die ........ van die motor het ongedeerd van die ongeluk afgekom.
bestuurder ryer drywer
Hoewel die woord "drywer" in die omgangstaal baiekeer in plaas van "bestuurder" gebruik word, word dit nie aanbeveel nie, byvoorbeeld "vragmotorbestuurder", "busbestuurder". Die persoon wat in beheer van 'n trein is, is 'n "masjinis". 'n Sinoniem vir motorbestuurder is "motoris". (Bron: Skryf Afrikaans en HAT)
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Hy het deur sy vinnige reaksie ʼn ongeluk voorkom. Wat is die woordsoort van "voorkom" in bostaande sin?
bywoord selfstandige naamwoord byvoeglike naamwoord werkwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)