19 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-11-2025 só ingevul:
Wat is die meervoud van "OVDG"? (Orde vir Voortreflike Diens: Goud)
OVDG'e OVDG's OVDGs OVDGe
Meervoude van akronieme kry afkappingstekens.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Die ........ is verantwoordelik vir verlof en nuwe aanstellings.
menslike hulpbronbestuurder menslike hulpbron-bestuurder menslike hulpbron bestuurder menslikehulpbronbestuurder
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "menslike" + selfstandige naamwoord "hulpbron") en ʼn selfstandige naamwoord "bestuurder".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die eiland in die Middellandse See wat deels aan Griekeland en deels aan Turkye behoort, is ........ .
Cyprus of Ciprus slegs Siprus Ciprus of Siprus slegs Ciprus
Sommige plekname word verafrikaans. In hierdie geval word albei spellings "Ciprus" en "Siprus" erken. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname is agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.
Idioom: Daar uitsien soos die ........ in sluiters.
kamera dood siekbed
Die idioom "daar uitsien soos die dood in sluiters" beteken 'baie maer'. In die gedig "Buytenleven" van W. Sluiter (1627-1673) word die dood voorgestel as 'n geraamte, net vel en been. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)