Die bul het die stiervegter se skouer ........ .
deer boor deur boor deurboor deerboor
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “deerboor” in plaas van die korrekte “deurboor”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die ........ was byna laat vir die troue.
strooimysies strooi meisies strooimeisi’s strooimeisies
ʼn Samestelling ("strooimeisies") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("strooi" en "meisies") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die ruimtetuig het verbrokkel toe dit die aarde se ........ binnedring.
atmospheer atmosfeer atmosphere athmosphere
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)