Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 17-11-2025 (vlak 1)



vorige toets 17 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-11-2025 só ingevul:



Die omroeper lewer ........ oor die dag se nuusgebeure.
91 % (afgerond)kommentaar 
1 % (afgerond)kommintaar
8 % (afgerond)komentaar
komintaar

Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak, beklemtoonde posisie is (soos die “e” in “kommentaar”), verder verswak word en dan verkeerdelik geskryf word as “kommintaar”).
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.



Dewald kan nie vanaand oefen nie; hy het ........ in sy been.
99 % (afgerond)krampe 
1 % (afgerond)kramps
krampens

Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Prinses ........ speel met haar kat.
100 %Sofia 
sofia

Alle soorte eiename begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



'n Sinoniem vir die woord "bietjie" is ........ .
2 % (afgerond)niks
87 % (afgerond)effens 
11 % (afgerond)ewe

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "bietjie" en "effens".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties