14 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-11-2025 só ingevul:
Party mense glo ........ help teen rumatiek.
bugoe bugu boegoe buchu
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Tydens die oorlog het baie mense dinge ........ wat hulle vroeër as vanselfsprekend aanvaar het.
geöntbeer ontbeer geontbeer
Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Iemand wat 'n stommiteit begaan, noem ons 'n ........ .
Jan Kalbas Jan Pampoen Jan Salie Jan Burger
'n "Jan Pampoen" is 'n stommerik. 'n "Jan Salie" is 'n sukkelaar. 'n "Jan Burger" is die gewone burger.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die storm het die skip vernietig. Wat is die woordsoort van "vernietig" in bostaande sin?
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "vernietig", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)