10 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-11-2025 só ingevul:
Die kapers het ons met ʼn pistool ........ .
gedryg gedruig gedreig
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Daar was interessante ........ in die jongste episode van die sepie.
verwikkelinge of verwikkelings verwikkelinge verwikkelingens verwikkelings
Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig ("verwikkeling"), kry ’n "s" in die meervoud. In hierdie geval is die "-e" in die meervoud ook korrek.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
........ mense het van die boek gehou, maar sommige wou dit nie klaar lees nie.
baie Baie Baie of baie
Die eerste woord van 'n sin begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Dankie vir al julle ........ .
hilp help hulp
Die woord "help" is ’n werkwoord; die woord "hulp" is ’n selfstandige naamwoord wat afgelei is van die werkwoord, byvoorbeeld: ’n Helper help deur sy hulp aan te bied.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)