Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 07-11-2025 (vlak 2)



vorige toets 07 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-11-2025 só ingevul:



Die gebou is in die ........ van 'n driehoek gebou.
98 % (afgerond)vorm 
forem
vorem
2 % (afgerond)form

By sommige medeklinkerkombinasies word daar 'n vokaal uitgespreek, alhoewel 'n klinker nie in die spelling voorkom nie, byvoorbeeld "vorm", “wurm” en “kerm”.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.



Idioom: Die yster ........ terwyl dit nog warm is.
5 % (afgerond)smelt
94 % (afgerond)smee 
1 % (afgerond)brand

Die idioom "die yster smee terwyl dit nog warm is", beteken 'gebruik 'n kans'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ses mense is in 'n ongeluk op die M2-snelweg naby Germiston aan die ........ dood.
26 % (afgerond)Oosrand
4 % (afgerond)oosrand
70 % (afgerond)Oos-Rand 
1 % (afgerond)oos-rand

Geografiese name wat 'n rigting aandui en uit 'n eienaam bestaan, word met 'n koppelteken vas geskryf. (NAWS12.31)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Lena neem 'n monster van die lap om te kyk of dit by haar kleurskema pas.
Sy het die vorige aand van 'n wrede monster gedroom.
Die woord "monster" in bostaande sinne is 'n ........ .
2 % (afgerond)antoniem
1 % (afgerond)sinoniem
87 % (afgerond)homoniem 
10 % (afgerond)poliseem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “monster” (‘van 'n stuk lap’) en “monster” (‘afgryslike wese’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties