06 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-11-2025 só ingevul:
Kort ná die inbraak het twee inspekteurs, by name ........ Aalbrecht en Theron, by my woonstel 'n draai kom maak.
inspe. of insps. slegs insp.'s inspp. of insps. slegs insp.'e
Wanneer 'n afkorting van 'n meervoudsvorm gemaak word, verdubbel die eindkonsonant van die enkelvoud se afkorting ("inspp."), of word die normale uitgang van die woord aan die afkorting toegevoeg ("insps.") (AWS 3.16 en 3.17).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die klein bokkies het op die ........ baljaar.
lusernbale luserinbale luserenbale lusêrnbale
By sommige medeklinkerkombinasies word daar 'n vokaal uitgespreek, alhoewel 'n klinker nie in die spelling voorkom nie.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.
In hierdie kursus behandel ons die persoon en rol van die profeet in die ........ beskawings.
nabye-Oosterse Nabye Oosterse Nabye-Oosterse nabye Oosterse
Afleidings van woordgroepe van eiename word los geskryf (AWS 9.19).
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Kareltjie het drie verskillende ........ van die hemp op sig geneem.
grootes groottes grotes
"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)