05 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-11-2025 só ingevul:
Ons het besluit om ons kinders na 'n ........ te stuur.
privaat skool of private skool privateskool privaatskool privateskool of privaatskool
Byvoeglike name soos "privaat" word gewoonlik los van die daaropvolgende selfstandige naamwoorde geskryf, behalwe in gevalle van betekenisverdigting en samestellende samestellings.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
"Net toe ek amper aan die slaap raak, hoor ek iemand saggies fluister: ........ Het jy nie die foon hoor lui nie? ........ " vertel Danél met 'n bewerige stem.
geen leestekens ( ) " " ' '
Enkelaanhalings word vir aanhalings binne 'n aanhaling gebruik.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.
Idioom: Iemand sal die ........ moet vashou. Hierdie idioom beteken 'iemand sal die verantwoordelikheid moet dra'.
lepel stuur beker baba
Hierdie idioom beteken 'iemand sal die verantwoordelikheid moet dra'.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)