04 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-11-2025 só ingevul:
Die musiek wat van die stadion af dreun is nog ........ as met die vorige vertoning.
meer luider luider mees luid luier
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “luid”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “luider” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die luidste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Ek verstaan jou ........ glad nie!
ridenasie redenasie redenaasie ridenaasie
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die persoon wat gevaarlike toertjies op 'n filmstel doen, is 'n ........ .
waaghals waagwillie doenals dapperdirk
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “waaghals”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Baie mense glo onwettige immigrante ........ die ekonomie.
skaad beskadig skend
Die woord "skaad" beteken 'nadeel aandoen'; die woord "skend" beteken 'beseer'; die woord "beskadig" is om 'skade aan te rig'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)