30 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-10-2025 só ingevul:
Die hoof was so ........ deur die toewyding van die onderwysers dat hy elkeen 'n bonus betaal het.
beroer of geroer roer geroer of ontroer aangeroer
Die woorde "geroer" en "ontroer" is sinonieme en beteken 'in die hart geraak'; die woord "aanroer" beteken 'oor iets begin praat'; die woord "beroer" bestaan nie. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die polisie se ........ optrede het gemaak dat die misdadiger vasgetrek is.
flinke vlink flink vlinke
Sommige byvoeglike naamwoorde wat net uit een lettergreep bestaan, kry nie ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan nie.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Hy is 'n lid van die Nasionale Party; dus is hy 'n ........ .
Nasionalis nasionalis
Die lid van 'n politieke party word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Hy staan agter die deur. Wat is die woordsoort van "agter" in bostaande sin?
tussenwerpsel bywoord voorsetsel voornaamwoord
Voorsetsels is kort woorde wat die relatiewe posisie of verhouding tussen twee elemente aandui. 'n Mens kan gewoonlik 'n lidwoord en naamwoord (byvoorbeeld 'n meubelstuk) ná 'n voorsetsel gebruik, byvoorbeeld "agter die deur" en "op die tafel".
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)