29 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-10-2025 só ingevul:
Nelson Mandela is as president verkies in die ........ .
1994 verkiesing 1994-verkiesing 1994verkiesing
Wanneer 'n syfer, simbool of getal met 'n woordelement verbind en 'n soortnaamsamestelling of 'n afleiding vorm, word die syfer, simbool of getal met 'n koppelteken aan die res verbind.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Met duidelike spot in sy oë kan mens sien hy stem nie saam met sy broer se ........ nie.
<taktiek> 'taktiek' "taktiek" (taktiek)
Die dubbelaanhalingsteken word soms gebruik om te wys dat iets ironies, sarkasties, ensovoorts bedoel word.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.
Die ........ (papbroek) het weggehardloop toe die eerste skote klap.
Jan Pampoen Jan Salie Jan Burger Jan Balie
'n "Jan Salie" is 'n "papbroek". 'n "Jan Pampoen" is 'n "niksbeduidende vent, stommerik". 'n "Jan Balie" is 'n "persoon met 'n baie groot maag". 'n "Jan Burger" is "die gewone burger".
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die eerste Suid-Afrikaner wat ʼn ruimtereis onderneem het, is ........ .
Marcus Shuttelworth Markus Skottelman Mark Shuttleworth Marc Shattelworth
Persoonseiename, d.w.s. die naam van ʼn persoon, word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)