29 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-10-2025 só ingevul:
Dis altyd 'n kwessie van ........ wanneer die onderwyser oor verlede week se les praat.
"Waarvan praat jy?" (Waarvan praat jy?) Waarvan praat jy?
Aanhalingstekens word gebruik om woorde en uitdrukkings waarvan gepraat word, aan te dui.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.
Kinders, julle moenie so ........ nie!
slegs tekeregaan slegs te kere gaan of tekere gaan slegs tekere gaan of tekeregaan te kere gaan of tekere gaan of tekeregaan
As jy 'n groot lawaai maak of woes baljaar, gebruik ons die uitdrukking "te kere gaan". Jy kan dit ook "tekere gaan" of "tekeregaan" skryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Hulle reis na ........ hierdie feesseisoen.
Tsjad Chad Tsjadd Tshad
Tsjad (in Engels Chad) is 'n Afrikaland wat aan Soedan grens.
Sien ook die bladsy Plekname.
Idioom: Eerste by ........ , eerste maal.
meul fabriek kos koring
Die idioom "eerste by meul, eerste maal", beteken 'die wat eerste kom, word eerste bedien'. In Engels sê ons: "First come, first served". (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)