Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 29-10-2025 (vlak 1)



vorige toets 29 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-10-2025 só ingevul:



Herinner asseblief julle ........ om vanaand die oueraand by te woon.
96 % (afgerond)ma’s en pa’s 
1 % (afgerond)mas en pas
3 % (afgerond)mae en pae
1 % (afgerond)ma’e en pa’e

Woorde wat op ’n beklemtoonde "a" eindig, kry ’n afkappings-s in die meervoud.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Daar is 'n lang ........ vir leerders wat na daardie skool wil gaan.
7 % (afgerond)waglyst
93 % (afgerond)waglys 
wagleis

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die ........ is 'n bekende Suid-Afrikaanse toeristeattraksie.
20 % (afgerond)Blou Trein
73 % (afgerond)Bloutrein 
7 % (afgerond)bloutrein
1 % (afgerond)blou trein

As gevolg van betekenisverdigting word "Bloutrein" vas geskryf. Aangesien dit 'n eienaam is, word dit met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Dié woordeboek ........ meer as 800 bladsye.

97 % (afgerond)beslaan 
2 % (afgerond)verslaan
slaan
2 % (afgerond)ontslaan

Die woord "beslaan" beteken onder andere 'opneem'. Die woord "slaan" is 'om met geweld iets of iemand aan te raak'. Die woord "ontslaan" beteken 'afdank' of 'verlof gee om 'n plek te verlaat'. Die werkwoord "verslaan" beteken 'oorwin'.
Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties