'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: skoen - die skoen - skoene.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
In die museum is ’n hele paar ........ manuskripte uit die Middeleeue
handgeskrewe
hand geskryfte
hand geskryfde
handgeskryfte
ʼn Samestelling ("handgeskrewe") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (die naamwoord "hand" en die deelwoord "geskrewe") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. (AWS 14.3).
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die wêreld se tweede grootste kontinent is ........ .
slegs Afrika
afrika of Afrika
slegs afrika
Geografiese name, byvoorbeeld name van kontinente, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Alles het ........ verloop.
olieglad seepglad
botterglad
ghriesglad
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)