’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “ent - die ent – ente”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Hoeveel kos ’n ........ ? Ek moet ’n paar maak vir my skooltaak.
photokopie
photokopié fotokopie
fotokopié
ʼn Samestelling ("fotokopie") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("foto" en "kopie") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die ........ Gerard Moerdyk het die Voortrekkermonument ontwerp.
argitek
argietek
Argietek
Argitek
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “argitek”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Kinders is gek oor bak en ........ .
brouw
bro brou
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “bak en brou”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)