3908 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-08-2019 (vlak 3)



Geen vorige toets beskikbaar nie 12 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-08-2019 só ingevul:



Iemand wat vir ʼn stokperdjie boer, noem ons 'n ........ .



10 % (afgerond)tjekboekboer
21 % (afgerond)naweekboer of stokperdjieboer
6 % (afgerond)stokperdjieboer of tjekboekboer
63 % (afgerond)tjekboekboer of naweekboer 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "tjekboekboer - naweekboer", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Idioom: Die ........ is toe, maar die geweer se loop is oop.


9 % (afgerond)lood
4 % (afgerond)skoot
75 % (afgerond)jag 
12 % (afgerond)hek

Die idioom "die jag is toe, maar die geweer se loop is oop", beteken 'al is die jag toe, skiet sommige mense nog'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die student se mediese opleiding sal hom ........ om eendag mense te help.


8 % (afgerond)instaat stel
2 % (afgerond)in staatstel
18 % (afgerond)instaatstel
71 % (afgerond)in staat stel 

Woorde wat deel van 'n woordgroep uitmaak, word los van mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Kinders is afhanklik van hul ouers.
Watter soort byvoeglike naamwoord is "afhanklik" in bostaande sin?



32 % (afgerond)attributiewe byvoeglike naamwoord
57 % (afgerond)predikatiewe byvoeglike naamwoord 
1 % (afgerond)andersklinkende byvoeglike naamwoord
10 % (afgerond)prediktiewe byvoeglike naamwoord

'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n ongepoetste vent”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die kinders is afhanklik".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties