3896 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-08-2019 (vlak 1)



Geen vorige toets beskikbaar nie 05 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-08-2019 só ingevul:



Nomsa ........ nie om te sê wat sy dink nie.


96 % (afgerond)huiwer 
2 % (afgerond)hywer
3 % (afgerond)heiwer

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “heiwer” of "hywer" wanneer hulle eintlik “huiwer” bedoel.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




In die ou dae het ons ........ op ons hande gekry as ons nie ons toonlere geoefen het nie.


8 % (afgerond)houens
8 % (afgerond)houë
1 % (afgerond)hous
82 % (afgerond)houe 

Woorde wat op ’n tweeklank eindig, kry "-e" in die meervoud (AWS 13.4)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




........ , maar dan sal jy ’n ander plan moet maak!


83 % (afgerond)O 
1 % (afgerond)oo
o
15 % (afgerond)Oo

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.




Die woord "laksman" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
Die buurman het as laksman verskeie doodsvonnisse voltrek.
Die laksman is bekend daarvoor dat hy insekte aan drade vasmaak.


10 % (afgerond)sinoniem
5 % (afgerond)antoniem
14 % (afgerond)homofoon
71 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "laksman" (‘iemand wat die doodsvonnis uitvoer’) en "laksman" (‘’n soort voël’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties