16 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-05-2024 só ingevul:
Van die oomblik dat die ........ ʼn mens binnenooi, voel jy tuis in dié gastehuis.
gasvrou
gas-vrou
gas vrou
ʼn Samestelling ("gasvrou") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("gas" en "vrou") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Jou woorde het my diep ........ .
gekrênk
gekrank gekrenk
gekronk
Wanneer ʼn geslote lettergreep deur meer as een medeklinker (“rs”) afgesluit word, kry die “e” nie ʼn kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.
Op 7 Desember 1941 is ʼn deel van die Amerikaanse ........ oorlogskepe in Pearl Harbour vernietig.
eskadron
eskader vloot
flottielje
ʼn Versameling groot skepe is ʼn konvooi, terwyl ʼn versameling klein oorlogskepe ʼn flottielje vorm. Ons noem ʼn versameling vegvliegtuie ʼn eskader, terwyl ʼn versameling pantsertroepe (byvoorbeeld ruiters of tenks) ʼn eskadron genoem word. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys; WAT)
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)