4026 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 27-02-2020 (vlak 1)



vorige toets 27 FEB Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 27-02-2020 só ingevul:



Ons het vandag ’n nuwe ........ gekry.


99 % (afgerond)wasmasjien 
1 % (afgerond)wasmesjien
was masjien
was-masjien

Die woorddele "was-" en "masjien" vorm saam ’n samestelling van selfstandige naamwoorde en word dus vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die ........ het voor my ingery.


1 % (afgerond)iedioot
4 % (afgerond)idiöot
idi-oot
95 % (afgerond)idioot 

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n "a" of ’n "o" voorafgegaan word deur ’n "e", "u" of "i" nie, byvoorbeeld "idioot", "geolie" en "aktuaris". Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld "studie-eenheid" en "toe-eien".
Sien ook die bladsy Deelteken.




Die man het hom ........ van die tiende verdieping geval.


1 % (afgerond)klipdood
97 % (afgerond)morsdood 
1 % (afgerond)stokdood
1 % (afgerond)mossiedood

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




Johannes is 'n ........ in die landdroskantoor.



93 % (afgerond)klerk 
1 % (afgerond)KLERK
6 % (afgerond)Klerk

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “kunstenaar”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




TOTAALRESULTAAT:
96% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties