23 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-11-2026 só ingevul:
Kom ons kyk na die ........ uit die agenda.
sake saaks sakke sakens
In oop lettergrepe word die vokale "a", "e", "o" en "u" nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Hansie en Grietjie het in die woud ........ .
vergedwaal verdwaal geverdwaal
Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-" en "ver-" begin, soos "verdwaal", kry nie ʼn "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Temba is ’n regte ........ ; hy stem altyd met alles saam.
ja-broer jabroer Jabroer Ja-broer
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "jabroer", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Die woord "nes" in die volgende sinne is ’n ........ . Sy lyk nes haar ouma. Die duif bou ’n nes in ons tuin.
homofoon homoniem sinoniem antoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "nes" (sametrekking van 'net soos’) en "nes" (‘broeiplek’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)