1749 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-10-2026 (vlak 1)



vorige toets 28 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-10-2026 só ingevul:



Vernon se gedrag het sy ouers erg ........ .
93 % (afgerond)ontstig 
5 % (afgerond)ontstug
1 % (afgerond)geontstig
1 % (afgerond)ontgestig

Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Baie mense dink plantaardige vet is gesonder as ........ vet.
duurlike
duurlik
92 % (afgerond)dierlike 
8 % (afgerond)dierlik

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "duurlike" in plaas van die korrekte "dierlike".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Jy moet jou kind ........ om harder te werk.
aan por
98 % (afgerond)aanpor 
an por
1 % (afgerond)anpor

ʼn Samestelling ("aanpor") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("aan" en "por") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



'n Sinoniem vir die woord "buiten" in die volgende sin is ........ .
Buiten die familie was baie van ons vriende ook op die troue.
3 % (afgerond)tesame
94 % (afgerond)benewens 
1 % (afgerond)binne
2 % (afgerond)verder

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties