23 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-10-2026 só ingevul:
Charlemagne staan in Afrikaans bekend as Karel die ........ .
Groote Grootte Grote
"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die minister van finansies sê die ekonomie het vanjaar ........ .
geïnkrimp ingekrimp geinkrimp in gekrimp
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Jy kan my ........ eniger tyd skakel.
te ter ten teen
Die uitdrukking "te eniger tyd" is ʼn deftige uitdrukking wat beteken 'enige tyd'. Soortgelyke uitdrukkings met "te" sluit onder andere in: te berde bring, te bowe gaan, te kenne gee, te midde van.
Vroeër jare het smouse gereeld hulle ware op plase kom verkoop. Wat is die woordsoort van "smouse" in bostaande sin?
voegwoord werkwoord voornaamwoord selfstandige naamwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “smous - die smous - smouse”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)