15 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-10-2026 só ingevul:
Al die deure is toe, maar hierdie een is ........ ; dit is gesluit.
toeër meer toeër toër meer toe
Die meeste woorde in Afrikaans neem “-er” in die vergrotende trap en word nooit saam met “meer” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Jy moet elke dag probeer om 'n verskeidenheid ........ in te kry.
vitamienes vitamine vitamines vietamine
Die meervoud van "vitamine" is "vitamines". Die wisselvorm "vitamien" met meervoud "vitamiene" word ook erken.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Dawid, gee asseblief vir my die ........ aan!
nommer 19 moersleutel nommer-19-moersleutel nommer 19-moersleutel
Wanneer die bepaler van 'n samestelling bestaan uit 'n woord of afkorting gevolg deur 'n syfer of simbool, word die woord of afkorting in die bepaler los van die syfer of simbool geskryf. Ander voorbeelde: "art. 21-maatskappy", "tipe A-persoonlikheid" en "vitamien E-tekort". (Bron: AWS 7.2)
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die dorp was ........ aansienlik kleiner as wat dit vandag is.
destyds des tyds desteids des teids
Die woord "destyds" is 'n samestelling van die genitief (van die) "des" en "tyd" en word vas geskryf. Hoewel ons nie meer naamvalle in Afrikaans kry nie, kom dit nog in enkele vaste uitdrukkings voor, byvoorbeeld "destyds", "kind des doods" en "te gelegener tyd". Hierdie uitdrukkings moet gewoon geleer word.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)