1796 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-09-2026 (vlak 3)



vorige toets 11 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-09-2026 só ingevul:



Die student se mediese opleiding sal hom ........ om eendag mense te help.
81 % (afgerond)in staat stel 
13 % (afgerond)instaatstel
5 % (afgerond)instaat stel
1 % (afgerond)in staatstel

Woorde wat deel van 'n woordgroep uitmaak, word los van mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die hoof se parkeerplek is skaars tien treë van haar kantoor af.
Wat is die woordsoort van "treë" in bostaande sin?


73 % (afgerond)soortname 
13 % (afgerond)versamelname
10 % (afgerond)massaname
4 % (afgerond)eiename

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "tree", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Dis onmoontlik, jy kan nie - ........ !
20 % (afgerond)almiskien
aalmiskien
77 % (afgerond)almiskie 
2 % (afgerond)aalmiskie

Tussenwerpsels is kort woorde, gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui. Die woord "almiskie" is 'n uitroep dat die spreker sy standpunt handhaaf.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



Die voormalige ........ president, Dilma Rousseff, was die eerste vrou om dié amp in die land te beklee.
24 % (afgerond)Brasiliaanse
1 % (afgerond)Brasiliëse
75 % (afgerond)Brasiliese of Brasiliaanse 
1 % (afgerond)Brasiliese

Beide byvoeglike naamwoorde vir Brasilië "Brasiliese" en "Brasiliaanse" word erken. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname, die name van hul inwoners en byvoeglike naamwoorde verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties