1796 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 09-09-2026 (vlak 1)



vorige toets 09 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-09-2026 só ingevul:



Voëls bou hulle ........ in bome.

2 % (afgerond)nesten
9 % (afgerond)nesse
nessens
89 % (afgerond)neste 

Sommige meervoude soos “neste”, “poste”, “nagte” eindig ook op “-e” maar die ekstra “t” is deel van die oorspronklike stam.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die Weerburo voorspel dat ’n ........ wind môre gaan waai.
4 % (afgerond)storm sterk
94 % (afgerond)stormsterk 
1 % (afgerond)storemsterk
storem sterk

By sommige medeklinkerkombinasies word daar 'n vokaal uitgespreek, hoewel 'n klinker nie in die spelling voorkom nie, byvoorbeeld "storm", "wurm" en "kerm".
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.



Die twee mans het ........ geraak, nadat die een met die ander se meisie begin praat het.
hant-gemeen
2 % (afgerond)hand gemeen
1 % (afgerond)hantgemeen
97 % (afgerond)handgemeen 

ʼn Samestelling ("handgemeen") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("hand" en "gemeen") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die woord "regter" in die volgende sinne is ’n ........ .
Die bokser het sy opponent met ʼn vinnige regter platgeslaan.
Die regter sal Maandag die vonnis uitspreek.
1 % (afgerond)sinoniem
4 % (afgerond)homofoon
antoniem
94 % (afgerond)homoniem 

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "regter" (‘regtervuishou’) en "laag" (‘amptenaar in die Hooggeregshof’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties