1796 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-09-2026 (vlak 2)



vorige toets 08 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-09-2026 só ingevul:



Die vyand het hulle met moderne wapens ........ .

1 % (afgerond)geoorweldig
1 % (afgerond)oorgeweldig
98 % (afgerond)oorweldig 
geöorweldig

Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n “ge-“ in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die alewige inmenging van haar skoonma is 'n groot ........ vir Alida.
ieretasie
92 % (afgerond)irritasie 
7 % (afgerond)irretasie

Vokaalreduksie kom voor wanneer 'n vokaal wat in 'n swak, beklemtoonde posisie is, verder verswak word tot 'n [ə]-klank. In hierdie geval word die woord "irritasie" uitgespreek as [irə'tɑ:si], wat tot verkeeerde spelling aanleiding kan gee.

Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.



My tannie-hulle toer nie graag deur ........ nie.
1 % (afgerond)Ooseuropa
2 % (afgerond)oos-Europa
Oos-europa
97 % (afgerond)Oos-Europa 

By meerledige geografiese name, hetsy los of met 'n koppelteken vas geskryf, begin elke deel van die naam met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Hoogwater tydens volmaan of nuwemaan staan bekend as springgety. 'n Sinoniem vir springgety is ........ .

16 % (afgerond)springvloed
44 % (afgerond)springty of springvloed 
34 % (afgerond)hoogvloed
6 % (afgerond)springty

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties