20 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-08-2026 só ingevul:
Die bepalings soos ........ in die wet maak voorsiening daarvoor dat die kontrak onder bepaalde omstandighede vroegtydig opgesê kan word.
vervat opgevat bevat
Die woord "vervat" beteken 'beskryf', 'formuleer', 'uitdruk' of 'inhou'. Die woord "opvat" beteken 'beoordeel', 'verder voer' of 'aanvaar'. Bepalings word in wetgewing "vervat" en nie "opgevat" nie. Bron: HAT
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Catherine, die ........ van Cambridge, is getroud met prins William, die tweede aanspraakmaker op die Britse troon.
hertogin hertoggin hertogen hertogeen
Die vroulike vorm van die koninklike eretitel "hertog" is "hertogin". In Engels is die titels onderskeidelik "duke" en "duchess".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Ons sal vir ........ kon vra om waar te neem as voorsitter.
van der Merwe Van der Merwe Van Der Merwe van der merwe
Indien vanne uit drie los geskrewe dele bestaan, begin die eerste en laaste deel met 'n hoofletter en die middelste deel met 'n kleinletter (byvoorbeeld "Van der Walt"). As 'n voorletter of voornaam dit voorafgaan, begin slegs die laaste deel van die van met 'n hoofletter (byvoorbeeld "Pieter van der Walt").
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Dit is tyd dat ons die koring van die kaf skei. Wat is die woordsoort van "kaf" in bostaande sin?
eienaam landbounaam massanaam soortnaam
Massaname is selfstandige naamwoorde wat dinge benoem wat eintlik nie getel kan word nie, en gewoonlik nie meervoud het nie, byvoorbeeld "kaf", "koring", "vleis", "goud".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)