1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-08-2026 (vlak 2)



vorige toets 17 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-08-2026 só ingevul:



ʼn Advokaat verteenwoordig sy kliënt in die hof.
Wat is die woordsoort van "verteenwoordig" in bostaande sin?

4 % (afgerond)selfstandige naamwoord
voegwoord
2 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
94 % (afgerond)werkwoord 

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "verteenwoordig", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die misdadiger het 'n kenmerkende ........ bokant sy oog.
1 % (afgerond)lit teken
85 % (afgerond)litteken 
1 % (afgerond)lid teken
13 % (afgerond)lidteken

ʼn Samestelling (“litteken”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“lit” en “teken”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die ........ sien uit na hulle laaste skoolvakansie.
94 % (afgerond)matrieks of matrikulante 
1 % (afgerond)matrieks of matrikulants
4 % (afgerond)matrieke of matrikulante
matrieke of matrikulants

Die AWS erken "matriek" of "matrikulant" of "matriekleerling" (en dus "matriekleerder") as wisselvorme om te verwys na iemand in sy/haar laaste skooljaar.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Hy is 'n professor ........ politieke wetenskap.
2 % (afgerond)vir
8 % (afgerond)van
90 % (afgerond)in 
oor

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie.
'n Mens studeer "in" 'n vakgebied en is 'n professor "in" 'n vakgebied.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties