1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-08-2026 (vlak 2)



vorige toets 14 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-08-2026 só ingevul:



Die restaurant in Hartbeespoortdam is bekend vir sy ........ .
98 % (afgerond)hoenderpastei 
2 % (afgerond)hoenderpasty
hoender pastei
hoender pasty

Om tradisionele redes word die diftong [әi]-klank soms met “ei” en soms met “y” gespel. 'n Mens moet dit gewoon leer.
Sien ook die bladsy Diftonge.



Jurgens was totaal en al ........ oor sy oupa se skerp reaksie.
1 % (afgerond)skrikverbaas
97 % (afgerond)stomverbaas 
2 % (afgerond)stilverbaas

Die intensiewe vorm vir "verbaas" is "stomverbaas".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



Sodra my rekenaar ........ is, kan ons die rekeningbesonderhede nagaan.

7 % (afgerond)aan lyn
aanlein
91 % (afgerond)aanlyn 
1 % (afgerond)aan-lyn

Wanneer 'n woordgroep bestaande uit 'n byvoeglike naamwoord en 'n selfstandige naamwoord in die geheel soos 'n byvoeglike naamwoord of bywoord optree, word dit vas geskryf. Byvoorbeeld "dikbek tiener", "kaalvoet seuns" en "aanlyn registrasie".
(AWS 15.31b)
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die wisselwerking tussen leerders en onderwysers; dis hoekom hulle so goed vaar!
'n Sinoniem vir "wisselwerking" is ........ .

100 % (afgerond)interaksie 
oplettendheid
gehoorsaamheid
hulp

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
96% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties