0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 07 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-08-2026 só ingevul:



Die regering het pas die nuwe ........ goedgekeur.
30 % (afgerond)minimum loon 
69 % (afgerond)minimumloon
1 % (afgerond)minimum-loon
minimale loon

Die woorde "minimum" en "maksimum" word meestal as byvoeglike naamwoorde gebruik en dus los van die daaropvolgende naamwoord geskryf. Byvoorbeeld "minimum loon, maksimum snelheid". Dit word slegs as selfstandige naamwoord gebruik wanneer dit nie as 'n samestelling gebruik word nie en 'n lidwoord voorafgaan. Byvoorbeeld, "Ons moet besteding tot die minimum beperk".
Bronne: HAT6
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die regter het die moordenaar se vonnis voltrek en haar tronk toe gestuur.
Wat is die woordsoort van "voltrek"?
4 % (afgerond)statiese hoofwerkwoord
79 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
14 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
3 % (afgerond)onafhanklike hoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die regter voltrek die vonnis. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die pa was ........ vir die foute van sy kind.

42 % (afgerond)stekeblind 
36 % (afgerond)stomblind
6 % (afgerond)staalblind
16 % (afgerond)smoorblind

Die intensiewe vorme van "blind" sluit in "stekeblind", "steekblind" en "stokblind". "Steekblind" is ʼn volksetimologiese vervorming van "stokblind". (Bron: Groot Woordeboek; Etimologiewoordeboek van Afrikaans)

Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



Die nuwe winkel is in ........ .
7 % (afgerond)slegs 27ste-straat
53 % (afgerond)27ste Straat of 27e Straat 
19 % (afgerond)27e straat of 27ste straat
20 % (afgerond)27ste Straat of 27ste straat

By straatname wat met 'n syfer begin, begin die tweede deel met 'n hoofletter. Die agtervoegsel "-ste" en "-e" is albei korrek.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
51% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties