05 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-08-2026 só ingevul:
Mamma gaan vir ons ........ maak vir voorgereg.
slap pap poffertjies slappappoffertjies slappap poffertjies slapapoffertjies
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en ʼn selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
........ , wat sê jy?
Hê Hë Hè Hé
In sekere woorde soos "appèl", "dè", "hè" en "nè" gebruik ons ’n gravis om die [ε]-klank aan te dui.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.
My sussie pronk soos 'n ........ as sy nuwe klere gekoop het.
pou model skouperd
Om te "pronk soos 'n pou" beteken dat jy spog met nuwe klere of 'n nuwe voorkoms.
Sien ook die bladsy Vergelykings.
Die voornaam van Bobby van Jaarsveld se sanger-suster is ........ .
Carlien Karline Carline Karlien
Persoonseiename, d.w.s. die naam van ʼn persoon, word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)