30 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-07-2026 só ingevul:
'n Ander woord vir 'n kinderarts is 'n ........ .
chirurg patoloog pediater dermatoloog
'n Sinoniem vir "dermatoloog" is "velspesialis", 'n sinoniem vir "chirurg" is "snydokter", 'n sinoniem vir "patoloog" is "siektekundige".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Ons het vandag 'n ........ opgevoer om probleme met afknouery op skool uit te beeld.
dramatjie dramadjie dramaatjie drama'tjie
Indien 'n woord op 'n kort "a" eindig, kry dit nie in die verkleiningsvorm 'n afkappingsteken nie. Wanneer die word op 'n lang "a" eindig, kry dit wel 'n afkappingsteken in die verkleiningsvorm. Byvoorbeeld: "drama - dramatjie", maar "hoera - "hoera'tjie".
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die winkel word van Woensdag tot Vrydag gesluit: ........ gaan gedoen word.
voorraad opname voorraadopname Voorraad opname Voorraadopname
Indien 'n volsin ná 'n dubbelpunt volg, word dit met 'n hoofletter geskryf. (AWS 13.19)
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.
Hoeveel bossies geelwortels moet ek koop, een of twee? Wat is die woordsoort van "een" in bostaande sin?
onbepaalde rangtelwoord bepaalde hooftelwoord bepaalde rangtelwoord onbepaalde optelwoord
Hooftelwoorde dui 'n bepaalde hoeveelheid of aantal aan en kan in syfers uitgedruk word, byvoorbeeld "een", "vier", "sestien". Onbepaalde hooftelwoorde dui op 'n onbepaalde hoeveelheid en kan nie in syfers uitgedruk word nie, byvoorbeeld "soveel", "heelwat", "min", "weinig".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)