0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-07-2026 (vlak 1)



vorige toets 29 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-07-2026 só ingevul:



Daar is verskeie ........ in die heelal.
95 % (afgerond)sterre 
1 % (afgerond)sters
3 % (afgerond)stêrre
sterrens

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n "-e" in die meervoud (AWS 13.2)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



ʼn Hond se ........ is agt of nege keer meer sensitief as dié van ʼn mens.

99 % (afgerond)gehoor 
1 % (afgerond)gehoër
gehor

In geslote lettergrepe (soos in die woord “bevooroordeel”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Jy's mos nou ’n ........ ; jy moet van beter weet.
groot-mens
92 % (afgerond)grootmens 
7 % (afgerond)groot mens

Byvoeglike naamwoorde (soos "groot") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "mens") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Haar gunstelingkleur is ........ .
10 % (afgerond)pink
90 % (afgerond)pienk 

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties