28 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-07-2026 só ingevul:
Weens die uitbreking van die koronavirus is verskeie ........ in die teater gekanselleer.
drama's dramas dramae dramaens
Naamwoorde wat in die enkelvoud op 'n onbeklemtoonde a eindig, kry nie 'n afkappingsteken in die meervoud nie. Byvoorbeeld "dramas", "oumas" en "oupas".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Gee vir Jason ook kans om sy mening te ........ !
leg lig lug
'n Mens "lug" 'n mening, maar sien die "lig". As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “lig” wanneer hulle eintlik “lug” bedoel.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die tienermeisie in Moskou volg die modes uit ........ slaafs na.
Die weste die weste Die Weste die Weste
Wanneer ons na die windrigting verwys, skryf ons "weste" (byvoorbeeld "die wind waai uit die weste"), maar wanneer ons na die geografiese streek verwys, skryf ons "die Weste".
Sien ook die bladsy Plekname.
Die ........ het vanjaar skade van miljoene rand in groot dele van Asië aangerig.
moesson monsoen moeson monssoen
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "moeson" is afkomstig van die Arabiese woord "mawsim" wat 'seisoen' beteken.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)