Die bestuur van die maatskappy sal in hierdie moeilike tyd sterk leierskap moet ........ .
Die woorde "toon" en "vertoon" is grootliks sinonieme, maar die woord "toon" word meestal in die betekenis van "wys" gebruik, byvoorbeeld die skets "toon" die bou van 'n hart.
Die woord "vertoon" word meestal by rolprente, vertonings, of modes gebruik. Die woord "betoon" gaan gewoonlik saam met die voornaamwoord "aan" en word vir mense gebruik, byvoorbeeld: Hulle het hul laaste eer "aan" die slagoffers "betoon".
(Bron: Skryf Afrikaans en HAT)
Sien ook die bladsy
Twyfelwoorde (mits vs tensy).