24 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-07-2026 só ingevul:
Oupa het 'n groot versameling kieries. Watter woord sal die gepaste sinoniem vir "kieries" in bogenoemde sin wees?
wandelstokke wingerdstokke kapstokke hokkiestokke
Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. Nog 'n sinoniem vir "kierie" is "gevegstok". Samestellings met "kierie" sluit in "knopkierie", "vegkierie", "snoekkierie", ensovoorts.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
ʼn Onbekende man het gisteraand my broer van al sy geld ........ .
geberoof geroof beroof
Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-" en "ver-" begin, soos "beroof", kry nie ʼn "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Soos bulle brul, so ........ koeie.
balk bulk blêr
Koeie bulk, bulle brul en donkies balk.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Die kind amuseer hom ure lank met legkaarte. Wat is die woordsoort van "amuseer" in bostaande sin?
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "amuseer - geamuseer".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)