26 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-06-2026 só ingevul:
Die motor se ........ gee probleme.
engin enyin enjin endjin
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Die handelaar het ons probeer ........ dat die motor byna splinternuut is.
weismaak wys maak wysmaak weis maak
Skakelwerkwoorde (soos "begin", "bly", "gaan", "help", "hoor", "kom", "leer", "ophou", "probeer", "sien" en "voel") staan gewoonlik voor ʼn ander werkwoord. In die verlede tyd kry die werkwoord nie "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Weens die hoë mate van werkloosheid op die dorp is meeste mense ........ en het nie eens elke dag kos om te eet nie.
kerkmuisarm kaalarm brandarm
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Die gevangene wag vir sy rantsoen. Wat is die woordsoort van "rantsoen" in bostaande sin?
werkwoord voornaamwoord selfstandige naamwoord byvoeglike naamwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “rantsoen - die rantsoen – rantsoene”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)