21 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-05-2026 só ingevul:
Temba is ’n regte ........ ; hy stem altyd met alles saam.
Jabroer Ja-broer ja-broer jabroer
ʼn Samestelling ("jabroer") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("ja" en "broer") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Hiert! So 'n klein ........ kan seer byt!
vlooi'kie vlooikie vlooi'tjie vlooitjie
Die verkleinwoorde van woorde wat op "i", "o" of "u" eindig, maar waarvan die klank deel van 'n diftong vorm, kry nie afkappingstekens nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Ria se partydigheid jeens haar kêrel veroorsaak dat sy hom maklik ........ napraat.
papperig kleinlik verergd klakkeloos
"Klakkeloos" beteken 'sonder om na te dink'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Ek het dit in die ........ gelees.
Bybel bybel
"Bybel" is die naam van 'n publikasie en word as 'n eienaam gesien. Dit word daarom met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Publikasiename.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)