2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-05-2026 (vlak 2)



vorige toets 18 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-05-2026 só ingevul:



Dirk en Isebel het vier dogters.
Onder watter subkategorie van selfstandige naamwoorde val die woord "dogters" in bostaande sin?
9 % (afgerond)eienaam
3 % (afgerond)massanaam
14 % (afgerond)versamelnaam
73 % (afgerond)soortnaam 

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "dogter", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



My rekenaar het 'n nuwe ........ nodig.
5 % (afgerond)harde skyf
94 % (afgerond)hardeskyf 
1 % (afgerond)hardskyf
hard skyf

Byvoeglike naamwoorde (soos “hard” of “warm”) word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos “skyf” of “bord”) geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die student het die ........ by kruisings uitgedeel.
96 % (afgerond)pamfletjie 
2 % (afgerond)pamfletje
pamfletkie
2 % (afgerond)pamflettjie

Alle woorde wat eindig op ʼn “d” of ʼn “t” kry “-jie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.4).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Al my maats is met naweekpas, nou is ek so alleen soos my ........ .
91 % (afgerond)vinger 
3 % (afgerond)been
5 % (afgerond)toon
1 % (afgerond)arm

Om "so alleen soos jou vinger te wees", beteken 'om heeltemal alleen te wees'. Ons kan ook sê iemand is "vingeralleen".
Sien ook die bladsy Vergelykings.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties