2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-05-2026 (vlak 1)



vorige toets 18 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-05-2026 só ingevul:



Iemand met ’n lisensie om goedere op te veil noem ons 'n ........ .
6 % (afgerond)afslager
86 % (afgerond)afslaer 
1 % (afgerond)afslaar
7 % (afgerond)afslaër

Die “ae”-verbinding in eg Afrikaanse woorde kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.9).
Sien ook die bladsy Deelteken.



In die winter slaap ek onder twee ........ .

2 % (afgerond)kombeste
1 % (afgerond)kombersens
97 % (afgerond)komberse 

Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm, byvoorbeeld "kombers - komberse", "hond - honde", "geluid - geluide" (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die ........ het vanjaar die Rugbywêreldbeker gewen.
18 % (afgerond)Springbokke of springbokke
2 % (afgerond)springbokke
Spring Bokke
80 % (afgerond)Springbokke 

Spot- en byname van groepe of 'n lid van so 'n groep begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Wanneer ek kwaai hoofpyn het, lê ek ʼn rukkie met ʼn koue ........ op my voorkop.
1 % (afgerond)komppres
5 % (afgerond)kompress
komppress
94 % (afgerond)kompres 

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties