2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-05-2026 (vlak 3)



vorige toets 15 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-05-2026 só ingevul:



Ek het 'n ........ gemaak; ek hoop die baas sal my vergewe.
25 % (afgerond)reuse fout
reus fout
75 % (afgerond)reusefout 
reusfout

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie, in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.
Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.
Bron: WAT/BA
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Jy moet oppas dat jy nie ........ op jou rekenaar aflaai nie; iemand kan al jou geld steel terwyl jy jou banksake op die internet doen!
8 % (afgerond)wanware
68 % (afgerond)indringerware 
13 % (afgerond)wanprogramme
12 % (afgerond)malware

Die Afrikaans vir die Engelse woord "malware" is "indringerware". Die woord "wanware" word nie erken nie.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Die kwessie het vanjaar weer in die soeklig ........ .
1 % (afgerond)ingekruip
44 % (afgerond)beland
2 % (afgerond)geplaas
53 % (afgerond)gekom 

Ons sê "in die soeklig kom", maar "onder die vergrootglas plaas". Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Nigerië het vier buurlande, naamlik Benin, Kameroen, Niger en ........ ?
9 % (afgerond)Chad
37 % (afgerond)Tsjaad
51 % (afgerond)Tsjad 
3 % (afgerond)Tshad

Die Republiek Tsjad (voorheen Tsjaad; Engels: Chad) is 'n land in Sentraal-Afrika. Dit grens aan Libië in die noorde, die Soedan in die ooste, die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die suide, Kameroen en Nigerië in die suidweste en Niger in die weste.
Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Tsjad
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties