14 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-05-2026 só ingevul:
Die gaste het eers teen elfuur vertrek. Gee 'n sinoniem vir die woord "vertrek" in bostaande sin.
heengaan opdaag verkas kuier
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "vertrek - verkas".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Sue en Sandra is regte ........ ; hulle vang alewig onverskillige dinge aan.
rabbedoes rabbedoeë rabbedoë rabbedo's
Naamwoorde wat op “-e” eindig, kry ʼn “-s” in die meervoudsvorm.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die matroos sê hy't 'n ........ gesien wat veel kleiner as die ander is.
meerminkie meermintjie meerminnetje meerminnetjie
Woorde wat op “l”, “m”, “n”, of “r” eindig, voorafgegaan deur ‘n kort beklemtoonde vokaal [a, ε, ɔ, ә,] vorm die verkleiningsvorm met “-etjie”. Die slotkonsonant van die stam word verdubbel om die voorafgaande vokaal kort te hou. (AWS 17.7)
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Ek laai my dogter elke middag om ........ by die skool op.
2:15 2h15m 2:15pm 14:15
Die tyd van die dag word altyd met minstens vier syfers aangedui in die volgorde uur (twee syfers) en minuut (twee syfers). 'n Dubbelpunt skei die pare syfers.
Sien ook die bladsy Syfers.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)